Statistieke agentskap stel riglyne bekend vir data insameling

Die Namibiese Statistieke Agentskap het ‘n nasionale raadplegende werkswinkel vir die konsep statistiese standaarde in Windhoek gehou. Die werkswinkel was om diegene wat die taak het om statistiek te verskaf, toe te rus met die regte riglyne van hoe om hierdie statistieke in te samel en aan te bied. Dr. Isak Neema, uitvoerende bestuurder van datakwaliteit en nasionale statistiekstelsel-koördinering wat die werkswinkel aangebied het, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.