Stampriet-landbouskou in volle swang

Die Stampriet-landbouskou is in volle swang. Burger Harmse, die voorsitter van die Stampriet-boerevereniging sê die skou en die veiling van kleinvee het gegroei tot een van die grootste in Suider-Afrika. Tussen die gradering van diere is daar baie meer te sien wat veral vir die boeregemeenskap van belang is – van jag- en boerdery-toerusting tot elektriese heinings en velskoene. Die skou duur tot Vrydag met die gewilde ooi- en ramveiling wat op die laaste twee dae aangebied sal word. Gert van Wyk van Namibia Livestock Auctions het met Kosmos 94.1 gesels en meer vertel oor die veilings…