Staking sal skole en leerders ergste raak

Kommer neem toe in die onderwyssektor na Namibiese staatsamptenare ten gunste van ‘n staking gestem het. Volgens die onderwyserministerie is daar 28 773 onderwysers in diens van die regering met altesaam 755 131 leerders in staatskole, waarvan 544 870 leerders op laerskool is en 208 098 op hoërskool. Colette Rieckert van die Privaatskole-vereniging het haar kommer oor die dreigende staking geopper. Rieckert sê aan Kosmos 94.1 Nuus leerders kan nie bekostig om nóg meer klasse mis te loop nie.   

Rieckert sê hoe die staking ‘n impak op privaatskole kan hê.