Namibië het nie leierskap nie – IPC

Reaksie word ontvang op President Hage Geingob se stilswye die afgelope tyd met verskeie krisisse wat huishoudings en besighede in die gesig staar. Hy het tot dusver geen kommentaar gelewer oor die inflasie-krisis in die land nie en ook nie oor die kwessie van vulstasie-eienaars, die stygende brandstofprys of die toenemende onwettige invoer van Angolese brandstof na die land toe nie. Maar, hy het laat Maandagaand in ‘n verklaring gesê hy las sy volgende twee oorsese reise af as gevolg van wat hy as ‘n ondeurdagte staking beskryf. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.