Brent sak verder terug, vrese van resessie 

Brent ru-olie het vandag verder gedaal met wat beskryf word as ‘n somber vooruitsig van vraag na die brandstof. Wêreldwye vervaardigingsyfers toon ‘n daling en China se Covid-uitdagings duur steeds voort. Die syfers maak beleggers senuagtig oor ‘n moontlike resessie. Brent verhandel tans rondom 99 Amerikaanse dollar per vat. Die kommoditeit het in 90 dae 7 persent verloor en oor die afgelope 30 dae, net meer as 10 persent. Ontleders sê die opwaartse momentum van oliepryse sal geleidelik vervaag. Opul en sy vennote vergader môre oor produksievlakke vir September maar dit is onwaarskynlik dat produksie opwaarts aangepas sal word.