Metcalfe sê daar is ongerymdhede by Walvis-munisipaliteit

Die bekende advokaat Richard Metcalfe sê die burgemeester van Walvisbaai het instruksies aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte Frans !Gonteb gegee om SEENA Labour Consult en Köpplinger Boltman Legal Practitioners aan te stel om die raad te verdedig. Hy sê die wetgewing laat dit nie toe nie maar dat ‘n ondersoek gelas is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.