Stad Windhoek keur 146 bouplanne in Mei goed

Altesaam 146 bouplanne is in Mei deur die Stad Windhoek goedgekeur, wat ‘n afname van 15,6 persent op ‘n maandgrondslag verteenwoordig vanaf die 173 bouplanne wat in April goedgekeur is. In waarde-terme is die goedkeurings gewaardeer op 118,1 miljoen Namibiese dollar, ‘n 11,4 persent verhoging vanaf die 106 miljoen dollar wat in April goedgekeur is. Op ‘n jaar-tot-datum grondslag is 912 bouplanne ter waarde van 637,1 miljoen dollar goedgekeur, ‘n afname van 9.5 persent in die aantal planne wat goedgekeur is, en ‘n afname van 21,6 persent op ‘n jaargrondslag in waarde. Altesaam 43 bouplanne ter waarde van 55,7 miljoen dollar is gedurende Mei voltooi.