SA Toerisme-sektor vra Ramaphosa om rondslomp te verminder

Die Suider-Afrika Toerismedienste-vereniging vra President Cyril Ramaphosa om dringend tussenbeide te tree in die poging om rompslomp ter verminder en nog ‘n krisis in toerisme af te weer. Die vereniging se uitvoerende hoof, David Frost, beklemtoon dat operateurs tot twee jaar vir akkreditasie en bedryfslisensies wag. Sommige kry dit nooit nie. Hy voeg by toerisme se herstel na die pandemie is broos en die regering se rompslomp lê dit lam. Die vereniging gaan môre ‘n nuuskonferensie hou om die aangeleentheid te bespreek.