Justisieminster: Strawwer vonnisse kom vir geslagsgeweld

Die stryd om gesinsgeweld in die Namibiese samelewing te bekamp, het vandag as deel van die debat oor die wetsontwerp oor die bekamping van geslagsgeweld en gesinsgeweld in die Nasionale Vergadering voortgeduur. Yvonne Dauseb, die minister van justisie, het vandag strawwer vonnisse vir oortreders voorgestel. Sy sê Namibië as ‘n land het alles probeer.

Sy sê dit is verkeerd om te sê die wet kan dalk meer mans straf, want dit sal so wees omdat meer mans in hierdie geval aan die verkeerde kant van die wet is.