Stad Windhoek hou openbare vergadering vanaand om 18:00 by Dagbreek

Stad Windhoek hou vanaand om ses-uur ‘n openbare vergadering by die skoolsaal van Dagbreek-skool. Die doelwit is vir inwoners van die hoofstad om probleme, uitdagings en voorstelle uit te lig wat die stad ‘n beter plek maak om in te woon. Die stad soek ook insae vir sy strategiese beplanning. Brian Black, nasionale voorsitter van die IPC-party nooi al die inwoners uit.