Ombud sê hy moet sy eie begroting kry

Die ombudsman Basilius Dyakugha sê die dit is uiters belangrik dat die nuwe wetsontwerp rakende sy kantoor, wat tans by die kabinet is, materialiseer. Die hoof aanpassing is dat die ombud se begroting onafhanklik is van die van die ministerie van justisie. Dyakugha sê daar is baie groot vertragings wat sy kantoor se werk belemmer. Byvoorbeeld, hy het in vorige boekjaar 2 880 klagtes ontvang, amper agt daagliks, en om die kwessies voldoende aan te spreek, moet hy beheer hê oor sy begroting.