Meer inligting bekend oor ineenstorting van FTX kripto-beurs

Meer inligting is bekend oor die chaos by die FTX kripto-beurs. Daar word berig dat sy uitvoerende hoof en stigter, Sam Bankman-Fried verwoed die nag voor die beurs aansoek om bankrotskap gedoen het, gesoek het na beleggings van 7 miljard Amerikaanse dollar. In die aanloop tot die finansiële krisis het dit aan die lig gekom dat Bankman-Fried 10 miljard van beleggers se fondse gebruik het vir sy eie Alameda-maatskappy en dat ‘n miljard dollar daarvan weg is. Daar is ook met die beurs se sagteware gepeuter wat dit moontlik gemaak het dat Bankman-Fried die fondse kon oordra sonder dat iemand dit optel.