Stad Whk het kommer oor onwettige kragverbindings

Stad Windhoek het sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van die diefstal van elektrisiteit deur inwoners. Die munisipaliteit sê in ‘n verklaring nie net is die praktyk baie gevaarlik nie, dit belemmer ook die Stad se vermoë om ordentlike dienste aan inwoners te lewer. Die onwettige verbindings kom volgens die verklaring meeste in informele nedersettings voor. Inwoners met kragverbindings word ook gemaan om nie onwettig krag te verkoop nie. Die Stad sê boetes van tot 16 000 Namibiese dollar of twee jaar tronkstraf kan opgehef word aan persone wat skuldig bevind word aan die oortreding.