Warmer temperature aangeteken

‘n Analise deur die BBC toon dat die wêreld tussen 1980 en 2009 ongeveer 14 dae per jaar met temperature oor 50 grade Celsius ervaar het. Tussen 2010 en 2019 het die getal opgeskuif na 26 per jaar. Volgens die uitsaai korporasie kom die temperature ook op meer plekke voor. Tradisioneel is die temperature in die Midde-Ooste aangeteken maar, Noord-Afrika en selfs Kanada het bygekom. Die data toon ook dat tussen 2010 en 2019, het temperature hoër as 45 grade Celsius vir ‘n ekstra 14 dae per jaar voorgekom. Wetenskaplikes meen dat uiters hoë temperature ‘n daadwerklike impak op plantegroei en diere het.