Stad Tshwane samel R500 miljoen agterstallige skuld in

Die Stad Tshwane sê die Tshwane Ya Tima-veldtog was sover suksesvol, want 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand se skuld is betaal. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê altesaam 1 061 rekeninge is afgesny en dit sluit in 533 regeringsrekeninge en 528 sakeondernemings. Sowat 335 agterstallige kliënte het intussen hulle rekeninge betaal. Stuurman sê die stad sal voortgaan met die veldtog om te verseker hulle verhaal die meer as 17 miljard rand wat verskuldig is.