Nasionale Verbruikerskommissie maan oor aanlyn slenters

Die Nasionale Verbruikerskommissie het verbruikers gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle aanlyn transaksies met vreemdelinge aangaan. Volgens die kommissie is aanlyn slenters die grootste uitdaging waarmee die aanlyn advertensiebedryf te doen het. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê dit is jammer die platform word deur swendelaars en bedrieërs oorheers. Ntaba het verbruikers aangeraai om kontant-transaksies in openbare plekke te doen.