Wêreldrugby opgewonde oor onder-20 terugkeer

Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê die terugkeer van die Wêreld-onder-20-kampioenskap en die Wêreld-onder-20-trofee volgende jaar is opwindend. Dit volg na drie agtereenvolgende jare sonder wêreldwye toernooie vir ouderdomsgroepe weens die Covid-19-pandemie. Sedert die eerste kampioenskap in Wallis in 2008, het 28 spelers wat aan die toernooi deelgeneem het, ook Wêreldbeker-sukses behaal, insluitend die Springbok-losskakel Handré Pollard. Beaumont sê hierdie toernooie was nog altyd gewild en het bewys dis ‘n geleentheid vir jong talent om met sukses te floreer.