Stad Tshwane hou ingewandskoors dop

Die Stad Tshwane sê hy hou ‘n wakende oog oor sporadiese gevalle van ingewandskoors in die stad. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, het ‘n beroep op inwoners gedoen om versigtiger te wees omdat bakterieë die sistemiese siekte veroorsaak, en dit word versprei wanneer besmette kos of water ingeneem is of weens direkte kontak van persoon tot persoon.