Oranje-, Zambezi- en Okavangoriviere se vlakke styg

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n waarskuwing uitgereik oor Namibiese riviere wat in vloed is. Die Oranjerivier by Blouputs se vlak was vanoggend 2,19 meter. Die Zambezirivier bly styg en was vanoggend by Katima Mulilo 2,44 meter, wat bo-normaal is. Die Okavangorivier se vlak by Rundu was vanoggend 5,30 meter wat hoër is as verlede jaar dieselfde tydperk.