DA stel voor brandstofbelasting moet gesny word

Die DA sê ten einde groeivlakke in Suid-Afrika te ontsluit en geleenthede vir ekonomiese deelname in die land moontlik te maak, sal die regering regulerings- en oorsigheffings vir die finansiële sektor moet verlaag. Die DA se woordvoerder oor finansies, Dion George, sê brandstofbelasting moet gesny word, daar moet belastingverligting op huurinkomste vir individuele belastingbetalers wees, en die oorblywende valuta-beheermaatreëls moet opgehef word. George het vandag in Kaapstad die DA se alternatiewe begrotings-beleidsrede vir 2022 gelewer.