Stad Kaapstad voltooi projek vir pendelaars

Stad Kaapstad se vervoerdirektoraat het die opknapping van die Dunoon-openbarevervoer-wisselaar voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Rob Quintas, sê bouwerk aan die eerste fase van die wisselaar op die hoek van Potsdam- en Dumani-weg het in 2019 begin. Hierdie splinternuwe fasiliteit spog met ‘n nuwe veelverdiepinggebou, ‘n onderdak-gebied waar pendelaars kan wag en openbare ruimtes. Quintas sê dit word alles reeds gebruik.