Minister sê gyselaarsdrama in Pretoria is onaanvaarbaar

Die minister in die buurland se Presidensie, Mondli Gungubele, sê gisteraand se gyselaarsdrama by ‘n hotel in Irene, Pretoria, waarby militêre veterane betrokke was, is onaanvaarbaar. ‘n Groep ontevrede veterane het Gungubele, die minister van Verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, ná ‘n vergadering gyselaar gehou. Gungubele het die jongste inligting bekend gemaak oor die regering se ingryping en omvattende benadering om militêre veterane se probleme aan te spreek. Hy sê daar was geen rede vir die optrede nie.