Verdagte aangekla van ontvoering van 50 buitelanders

‘n Verdagte is in Zachariapark naby Lenasia in Johannesburg vasgetrek en aangekla van die ontvoering van 50 buitelandse burgers. Die polisie het inligting ontvang en op ‘n huis toegeslaan waar die buitelanders van tussen 12 en 50 jaar oud gered is. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die slagoffers is vermoedelik na Suid-Afrika gebring om herenig te word met hulle families wat in die land woon.