Staatsamptenare word opgelei oor openbare-privaat ondernemings

Die Local Government Business Network of Namibia gaan ‘n werkswinkel oor publieke private vennootskappe van 30 Junie tot 1 Julie in Windhoek aanbied. Die werkswinkel word gefasiliteer deur twee bekwame en ervare adviseurs van die Suid-Afrikaanse Tesourie. Hierdie werkswinkel sal staatsamptenare bemagtig met die nodige kennis oor hoe om langtermyn-infrastruktuurdienste van private verskaffers te verkry, eerder as om self infrastruktuur-bates te ontwikkel, finansier en bestuur. Dit sal ook help om gevalle te vermy waar munisipaliteite, dorpsrade en ondernemings in staatsbesit in Namibië gedagvaar word en beveel is om honderde miljoene Namibiese dollars te betaal as gevolg van mislukte transaksies. Kenny Liswani, die hoofkonsultant van die netwerk, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.