Skole in Kenia bly gesluit, tropiese storm op pad

Keniaanse president William Ruto het volgende week se beplande heropening van skole uitgestel, met swaar reën en vloede wat meer as 200 mense gedood het, wat voortduur. Daar is ‘n moontlikheid dat sikloon Hidaya die kus van Kenia in die komende dae sal tref. Kenia en ander dele van Oos-Afrika is deur vloede oorweldig, met meer as 150 000 ontheemdes wat in kampe regoor die land woon. Die regering het opdrag gegee dat mense wat naby 178 damme en reservoirs woon wat óf vol óf amper vol is, moet ontruim of met geweld verskuif word. Watervlakke by twee groot hidroëlektriese damme het geskiedkundige vlakke bereik.