Ombud sal nie ondersoek na Geingob loods nie

Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha sal nie die klagte van die Namibia Economic Freedom Fighters teen President Hage Geingob ondersoek nie. Hy sê die klagtes wat geopper is val buite sy kantoor se mandaat.

Hy sê daar is stappe wat die Nasionale Vergadering kan neem, sou daar aangedring word dat Geingob wel ondersoek moet word.