Staatsamptenare doen nie hulle werk nie – vakbond

Met die Namibiese arbeidsministerie wat volgens ‘n verslag slegs 400 uit ‘n 1 000 arbeidsake opgelos het, is reaksie van die vakbond Tucna ontvang. Kosmos 94.1 Nuus wou by die sekretaris, Mahongora Kavihuha, uitvind waarom dit so lank neem om sake op te los en wat kan verbeter word. Hy skryf die kwessie toe aan die swak prestasie van staatsamptenare.