Covid-gevalle neem plaaslik toe

Daar is 225 nuwe Covid-gevalle uit 1 242 toetse deur die ministerie van gesondheid bevestig. Khomas het 142 met almal wat in Windhoek voorkom terwyl Karas op 33 staan met 26 in Lüderitz. Hardap en Omaheke het 15, Kavango Oos 9 en die res landwyd versprei. Daar is 24 leerders, 12 studente, 10 gesondheidswerkers en 5 onderwysers in die groep. Daar is 5 nuwe sterfgevalle aangeteken aktiewe gevalle is op 3 092 uit ‘n kumulatiewe totaal van 53 432. ‘n Totaal van 190 pasiënte het herstel en op die oomblik is daar 232 gevalle in die hospitaal met 51 in hoësorg.