Brittanje kondig onmiddellike sanksies af na Russiese tenks in Oekraïne verskyn

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê die Russiese president, Vladimir Putin, skeur die internasionale reg op. Hy het sanksies teen die Oos-Europese moondheid aangekondig, wat onmiddellik in werking tree. Dit volg na die verskyning van Russiese tenks en gepantserde troepedraers in die ooste van Oekraïne, nadat Putin twee wegbreek-streke in die gebied as onafhanklik erken het. Die Kremlin beskuldig Oekraïne van voortdurende uitlokking en sê die ontplooiing is gemik daarop om lewens in die naburige land te red. Die Oekraïense regering sê hy sal niks aan enigiemand weggee nie.