Sputnik V-entstof arriveer in Namibië

Die Sputnik V-entstof wat deur die Serwiese regering geskenk is, het vandag in Namibië aangekom. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Petronella Masabane, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig 30 000 dosisse het gearriveer. Sy het gesê die ministerie is besig om die verpakking van die entstowwe en opleiding aan personeel te organiseer voordat dit na die streke vir versprei sal word.