Spesiale stemme vir SA plaaslike verkiesing vanaf 20 September tot 4 Oktober

Die hoofverkiesingsbeampte in Suid-Afrika, Sy Mamabolo, sê aansoeke vir spesiale stemme vir die plaaslike regeringsverkiesing sal op 20 September open en op 4 Oktober sluit. Die gebruik van spesiale stemme is van groter belang tydens hierdie verkiesing sodat onnodige druk nie op stemlokale geplaas word op stemdag nie. Mamabolo sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie verseker burgers hy sal geen moeite ontsien om ‘n geloofwaardige proses te bewerkstellig nie.