Khoisan-hoofman bemoedig inwoners om hul identiteit te omhels

Die Khoisan-gemeenskap van Gqeberha sê bende-bedrywighede in die noordelike gebiede kan toegeskryf word aan bendelede op soek na hul identiteit. Khoisan-verteenwoordigers het verlede week ‘n openbare inligtingsessie in Gelvandale in die Oos-Kaap gehou, met die fokus op inwoners se identiteit as die eerste inheemse mense. Die Khoisan-hoofman, Christian Martin, het inwoners in die noordelike gebiede aangemoedig om hul identiteit te omhels tydens die sensus in Oktober en Khoi en San as hul demografie te kies.