Taro Kono gunsteling vir nuwe premier van Japan

Taro Kono, Japan se minister in bevel van die land se stryd teen die Covid-pandemie, is Japannese burgers se gunsteling om as premier te dien ná Yoshihide Suga Vrydag bedank het. Kono het al voorheen as minister van buitelandse sake en van verdediging gedien.