Speaker se vrou, Jane Katjavivi sterf

Jane Katjavivi, die vrou van die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi is oorlede. Sy was 70. Die besonderhede rondom haar sterfte is onbekend met die Nasionale Vergadering wat net bevestig het dat sy oorlede is op ‘n vlug van Windhoek, saam met haar man. Sy was ‘n skrywer en uitgewer met ‘n akademiese agtergrond in Afrika-studies. In 1990 het sy New Namibia Books op die been gebring en vir tien jaar Namibiese skryfwerk gepubliseer – letterkunde, outobiografie, akademiese boeke, skoolhandboeke en kinderboeke.