Ramaphosa lewer hoofrede by buurland se Vrouedag herdenking

President Cyril Ramaphosa is in Richmond in KwaZulu-Natal waar hy die hoofrede by die nasionale gedenkgeleentheid vir Vrouedag sal lewer. Vrouedag is ‘n jaarlikse herdenking van die versetoptog op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou. Twintig-duisend vroue van alle agtergronde het daardie dag opgeruk teen die apartheidsregering se paswette. Vrouedag spits nou die land se aandag op die land se vordering met geslagsgelykheid en vier die uiteenlopende bydraes van vroue tot die ontwikkeling van die samelewing en die ekonomie.