Spaar 10 sent uit elke dollar

Daar is net een manier vir verbruikers om hulself teen die huidige, wispelturige ekonomiese toestande te beskerm… spaar. Kosmos 94.1 het by die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus aangeklop oor raad vir die heersende toestande en hy meen tien sent op elke dollar wat verdien word, moet gebêre word.