Wapens dood meer tieners in VSA as enigiets anders

Wetenskaplikes in Amerika het bevind dit is meer waarskynlik vir kinders en tieners in die land om as gevolg van vuurwapengeweld te sterf, as weens ander oorsake. Navorsers aan die Universiteit van Michigan sê in 2020 is meer jongmense onder 20 in Amerika dood aan vuurwapen-verwante beserings as in motorongelukke of weens dwelm-oordosisse. Daar word berig meer as 4 3 00 mense in die ouderdomsgroep is weens vuurwapens dood, wat ‘n toename van 29 persent is vanaf die vorige jaar.