Sossus-trein is onnodig, skadelik

Rolspelers en belanghebbendes meen dat die voorstelle vir ‘n verhewe trein bo Sossusvlei, en ‘n helium-lugballon, onnodig is. Dit volg na ‘n baie lang vergadering wat by Sossusvlei Lodge gehou is. Hewige debat het ook plaasgevind. Namibia Wildlife Resorts was ook teenwoordig en Nelson Ashipala, die NWR se woordvoerder, wat ook die vergadering bygewoon het, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.