Aantygings dat lede van Nampol in Erongo vee steel

Die Namibiese polisie van die Erongo-streek het oor die naweek met boere van die streek ‘n vergadering gehou weens die toenemende veediefstal-krisis. Voorkomende en persoonlike veiligheidsmaatreëls was met die boere van Uis, Okombahe, Omatjete, Spitzkoppe, Usakos and Tubusis bespreek. Die vergadering het in die Okombahe-gemeenskapsaal plaas gevind. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê die vergadering was ‘n sukses maar daar is aantygings gemaak oor lede van die mag wat betrokke is en ‘n ondersoek moet gedoen word.