Honderde vas vir olie-protes in Engeland

Honderde klimaatsaktiviste is die naweek in hegtenis geneem tydens betogings by belangrike olie-eindstasies in Engeland. Lede van die organisasie Just Stop Oil eis van die Britse regering om nuwe olie- en gasprojekte te staak. Britse media berig tientalle betogers het buite die Buncefield-olie-eindstasie in Hertfordshire, kamp opgeslaan en 12 van hulle het eindelik daarin geslaag om toegang te kry. By die een in Kingsbury in Warwickshire, het die polisie meer as 50 betogers in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer saakbeskadiging, versperring van ‘n openbare pad en die ontwrigting van openbare orde.