UDM in SA het kommer oor LGBT-Afrikagemeenskap

Die UDM in Suid-Afrika is bekommerd oor die voortgesette diskriminasie teen LGBT-mense regoor Afrika. Die sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê terwyl regs-erkenning vorder, duur diskriminasie voort. Kwessies soos sogenaamde regstellende verkragting en haatmisdade kom steeds voor. Zigebe sê die UDM vra ‘n LGBT-inklusiewe leerplan in skole om diversiteit en gemeenskapsdeelname aan te moedig: