Sokker-drama oor Afrika-spelers by Italiaanse klub

Sokker: Die eienaar en president van Napoli, Aurelio de Laurentiis, sê die Italiaanse klub sal dit vermy om nog spelers van Afrika te kontrakteer, tensy hulle instem om nie in die Afrikabeker-toernooi te speel nie. Dit volg nadat die Senegalese verdediger, Kalidou Koulibaly, en die Kameroense middelveldspeler, Andre-Frank Zambo Anguissa, ses van Napoli se wedstryde misgeloop het terwyl hulle internasionaal gespeel het in vanjaar se toernooi in Januarie en Februarie. De Laurentiis het gesê spelers van Afrika moet nie meer aan die toernooi deelneem nie.