EFF eis Bheki Cele se bedanking

Die EFF het hul oproep herhaal dat die minister van polisie, Bheki Cele, moet bedank. Die woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê Cele se ongevoeligheid en herviktimisering van die vroue betrokke by die groepsverkragting in Krugersdorp is uiters onbetaamlik vir ‘n minister van Polisie. Mathys voeg by die ANC-regering gaan voort om minagting teenoor vroue te toon, nie net deur uitsprake nie, maar ook met lede se optrede.