SME’s moet elders ook ‘plaaslike inhoud’ geniet

Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie het verlede week in Lüderitz plaasgevind om die energie- en oliesektore in die land te bevorder. Die konferensie het gekyk na alle fasette van die land se ontluikende olie- en gas-sektor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer, die direkteur van SMEs Compete, wat sê die konferensie was ‘n goeie inisiatief maar daar moet ook na ander sektore gekyk word.