IMF verlaag SA se groeivooruitsigte

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte vir die jaar tot 0,9-persent verlaag. Die fonds het sy Wêreld Ekonomiese Vooruitsig vir 2024 bekendgestel. Projeksies vir 2025 is ook met 0,1-persentasiepunte tot 1,2-persent verminder. Die IMF se ekonomiese raadslid, Pierre-Olivier Gourinchas, sê benewens lae groei, sal Suid-Afrika vanjaar ook gebuk gaan onder inflasie en hoë werkloosheid. Hy sê die voorspelling is dat die wêreldekonomie vanjaar en volgende jaar teen 3,2 persent sal bly groei.