SME-opleiding môre op Lüderitz

SMEs Compete se Pitching For Resilience-program duur voort op Lüderitz. Die doel van die program is om entrepreneurs te help om ‘n lening te kry en ná die negatiewe impak van die Covid-pandemie te herstel. Donderdag se sake-opleidingsprogram behels hoe om ‘n sakeplan saam te stel en begin die oggend om halfnege en duur tot drie-uur die middag. Danny Meyer van SMEs Compete gesels met Kosmos 94.1 Nuus.