Kanye wil nie meer kan nie

Kanye West het Dinsdag dokumente by die Los Angeles-hooggeregshof ingedien om sy naam te verander. Internasionale nuusagentskappe berig dat die 44 jarige Kanye Omari West sy naam na Ye wil verander. Net Ye, met geen van nie. Hy voer aan dat die redes daarvoor persoonlik is. Hy het reeds in 2018 op sy sosiale media geplaas dat hy net as Ye bekend wil staan. Hy en sy vrou, Kim Kardashian West, is besig om te skei en hy het geen melding van hulle laaste name gemaak nie. Al vier die egpaar se kinders dra die van West.