Leeukarkasse op Vrystaatse leeuplaas gevries gevind

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in Suid-Afrika sê hulle is saam met die Departement van Klein-sakeontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake in die Vrystaat besig om ‘n ondersoek af te handel oor verskeie oortredings van die Wet op Dierebeskerming by ‘n leeuteelplaas in die provinsie. Klagtes sal binnekort teen die eienaar gelê word. ‘n Woordvoerder van die DBV, Douglas Wolhuter, sê dit is ‘n voorbeeld van hoe samewerking geregtigheid vir diere kan verseker: