Slegs kwesbare Britse kinders onder 12 moet Covid-entstof ontvang

Die Verenigde Koninkryk se Gesamentlike Komitee oor Inenting en Immunisering het aanbeveel dat ‘n nuwe pediatriese formule van die Covid-19-entstof slegs aan kwesbare kinders van vyf- tot 11-jaar toegedien word. Daar is na raming sowat 330 000 kinders in dié kategorie. Die adjunk-voorsitter van die komitee, Anthony Harnden, sê die kinders moet dosisse, ooreenkomstig met hulle ouderdom, tien mikro-gram van die Pfizer-BioNTech Covid-19-enstof, ontvang, wat sowat ‘n derde is van die dosis vir volwassenes: