Petisie teen SA-aandklokreël

Sommige sosiale media-gebruikers in Suid-Afrika doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die aandklokreël op Oujaarsaand op te hef. Volgens die huidige inperkingsregulasies, geld die aandklokreël tussen middernag en vier-uur die oggend. Sommige Twitter-gebruikers voer ‘n aanlyn-protesveldtog onder die hutsteken NoCurfewOnNewYearsEve. Hulle sê die beperkings diskrimineer teen godsdienstige byeenkomste en behoort nie op 31 Desember te geld nie. Die aandklokreël is reeds plaaslik afgeskaf.